NeftalyApp COURSES Partner INVEST Corporate CHARITY DIVISIONS
[Contact Neftaly] [About Neftaly][Services] [Recruit] [Agri] [Apply] [Login] [Courses] [Corporate Training] [Study] [School] [Sell Courses] [Career Guidance] [Training Material] [ListBusiness/NPO/Govt] [Shop] [Volunteer] [Internships] [Jobs] [Tenders] [Funding] [Learnerships] [Bursary] [Freelancers] [Sell] [Camps] [Events&Catering] [Research] [Laboratory] [Sponsor] [Machines] [Partner] [Advertise] [Influencers] [Publish] [Write ] [Invest] [Franchise] [Staff] [CharityNPO] [Donate] [Give] [Clinic/Hospital] [Competitions] [Travel] [Idea/Support] [Events] [Classified] [Groups] [Pages]
1. Die leerder moet hiervan bewys lewer deur in selfwerkopdragte en/of ‘n eksamenvraestel in die gekose vakkursusse en/of deur die verhandeling / skripsie relevante probleme in sy/haar gekose spesialiteitsgebied te identifiseer, te assesseer, te formuleer en innoverend met behulp van die toepaslike tegnieke op te los.
2. Die leerder moet hiervan bewys lewer in die verhandeling / skripsie deurdat die verhandeling / skripsie hoe vlak ontwerp en/of sintese van komponente en/of stelsels en/of produkte insluit.
3. Die leerder moet hiervan bewys lewer in die verhandeling/skripsie deurdat die verhandleing/skripsie voldoen aan die vereistes wat gestel word vir die korrekte toepassing van die navorsingsmetodiek sowel as wetenskaplik korrekte verslagdoening van hoe gehalte.
Geintegreerde assessering:
Formatiewe en summatiewe evaluering vind op ‘n geintegreerde wyse plaas. Gedurende die verloop van die kursus word daar van die volgende formatiewe assesseringsmetodes gebruik gemaak:
verskeie selfwerkopdragte wat deel vorm van die vakkursusse waardeur kennisontsluiting en toepassing gepaardgaan met die gebruik van gepaste tegnieke en rekenaarimplementering;
individuele en groepsgesprekke wat ook bydra tot die ontwikkeling van die leerder se wetenskaplike kommunikasievaardighede;
deurlopende evaluering van die vordering met die navorsing vir die verhandeling / skripsie deurdat spesifieke gedeeltes van die verhandeling / skripsie op voorgeskrewe tydstippe voorgele word vir evaluering en remediering.
Summatiewe evaluering vind op die volgende wyses plaas:
eksamenvraestelle en/of samevattende selfwerkopdragte na die afloop van kursusse waarin die leerder bewys moet lewer dat hy/sy probleme in sy/haar gekose spesialiteitsgebied kan identifiseer, assesseer, formuleer en innoverend met behulp van die toepaslike tegnieke kan oplos;
‘n verhandeling / skripsie waarin bewys gelewer kan word van die korrekte toepassing van die navorsingsmetodiek sowel as wetenskaplik korrekte verslagdoening van hoe gehalte.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.