Neftaly Online Course SAQA 11516619405

Last updated:

Geassosieerde assesseringskriteria:

Die maatstawwe vir die bepaling van bereiking van die uitkomste en wyses waarop dit toegepas word, is soos volg:

Die vermoe tot kreatiewe denke, kennisontsluiting en -toepassing met gepaste metodieke en rekenaarimplementering, die funksionering in groepsverband en die vermoe om leiding in hierdie verband te kan neem, vermoe tot probleemoplossing en wetenskaplike kommunikasievermoe word formatief ge-assesseer by wyse van individuele en groepsopdragte, groepskommunikasie en verslagdoening ten opsigte van die opdragte, asook deur individuele en groepsgesprekke.

Die insig in die navorsingsmetodologie van die betrokke dissipline word formatief en summatief ge-assesseer deurdat die leerder onder toesig van een of meer studieleiers ‘n gegewe navorsingsopdrag deur die fases van literatuurstudie, eksperimentering (waar van toepassing), analisering, evaluering en die skryf van ‘n wetenskaplike skripsie of verhandeling uitvoer, wat deur interne en eksterne eksaminatore beoordeel word.

Die vermoe tot effektiewe funksionering in groepsverband en die vermoe om leiding in hierdie verband te kan neem, asook die vermoe tot entrepreneuriese en intrapreneuriese denke en optrede word verder formatief ge-assesseer tydens ekskursies en praktykopleiding.

Die kriteria vir die uitkomste ten opsigte van waardes, houdings en gesindhede is geintegreer in die beskrywing van die uitkomste hierbo, en die assessering geskied geintegreerd soos beskryf in “Geintegreerde assessering” hierna.

Geintegreerde assessering

Geintegreerde assessering om te versekr dat die doel van die kwalifikasie bereik work, geskied by wyse van ‘n verskeidenheid van strategiee. Die vernamste hiervan is die beoordeling van ‘n skripsie of verhandeling wat bewys lewer dat die leerder vertroud is met die wetenskaplike metode van navorsing.

Formatiewe assesserings

Individuele sowel as groepsopdragte wat kreatiwiteit, kennisontsluiting en toepassing met gepaste metodieke en rekenaarimplementering, groepskommunikasie en verslagdoening sal behels.
Individuele en groepsgesprekke, wat in aansluiting by die vorige punt, die ontwikkeling van die student se wetenskaplike kommunikasievaardighede assesseer.

Summatiewe assesserings

Geskrewe en / of mondelinge middle- en eindeksamens oor teoretiese vakkennis, praktiese probleemoplossingsvaardighede en eksperimentele vermoens – daar word veral klem gele op vrae wat kritieke uitkomste soos identifisering en oplossing van probleme, verantwoordelike besluitneming en kritiese en kreatiewe denke toets.
Individuele en groepsbesprekings en werkopdragte wat wetenskap- en samelewings-kwessies vanuit ‘n gefundeerde perspektief hanteer. 

There are no items in the curriculum yet.

Instructor

User Avatar
Neftaly Vutisani Malatjie
55 Students
3624 Courses

Leave a Reply

course thumbnail
R2,850
Student:
0 Students
Duration:Lifetime
Lesson:
0 Lessons
Quiz:
0 Quizzes
Level:All levels