Neftaly Online Course SAQA 11516619347

Last updated:

Die leerder sal deur die studie- en navorsingswerk wat vir eksaminering aangebied word, demonstreer dat nuwe kennis van uitsonderlike hoe akademiese gehalte en wetenskaplikheid in ‘n gespesialiseerde professionele farmaseutiese dissipline, of op interdissiplinere vlak, ontwikkel is.

Die leerder sal demonstreer dat hierdie nuwe kennis voortspruit uit volgehoue, intensiewe studie vir ‘n tydperk van aanmerklik groter omvang as wat normaalweg van die kwalifikasie Philosopiae Doctor verwag word.

Die leerder sal demonstreer dat besondere akademiese rypheid, leierskap, en gevorderde insig en kundigheid ten opsigte van die spesifieke studieterrein bereik is, in ‘n veel groter mate as die uitkomste wat van die kwalifikasie Philosophiae Doctor verwag word.

Die leerder sal demonstreer dat ‘n besondere bydrae tot gevorderde nuwe en oorspronklike kennis ten opsigte van die studieterrein gelewer word, in ‘n veel groter mate as die uitkomste wat van die kwalifikasie Philosophiae Doctor verwag word.

Geintegreerde assessering

Geintegreerde assessering om te verseker dat die doel van die kwalifikasie bereik word, sal kontinu geskied. Dit sal insluit:

By die registrasie van ‘n gemotiveerde aansoek deur die leerder beoordeel die direkteur van die betrokke navorsingsfokusarea en die betrokke dekaan die potensiaal van die voorlegging ter bereiking van die doel en uitkomste van die program.

Deurlopende advies, leiding en evaluering deur die adviseurs (kyk “Kriteria vir die registrasie van assessors, en modereringsopsies”) van die gedane en/of aanvulllende studie- en navorsingswerk en die proses van samestelling van die finale verslag in die vorm van ‘n bundel, boek, proefskrif, ontwerp of tegniese uiteensetting, model of formule (gepubliseerd of ongepubliseerd).

Finale assessering van die verslag deur ‘n paneel van interne en eksterne eksaminatore. 

There are no items in the curriculum yet.

Instructor

User Avatar
Neftaly Vutisani Malatjie
55 Students
3624 Courses

Leave a Reply

course thumbnail
R2,850
Student:
0 Students
Duration:Lifetime
Lesson:
0 Lessons
Quiz:
0 Quizzes
Level:All levels