Neftaly Online Course SAQA 11516616860

Last updated:

1. ‘n Stelsel van deurlopende evaluering word konsekwent gehandhaaf. Selfevaluerings-oefeninge, geskrewe en mondelinge toetse en eksamens, opstelle, werkstukke, mondelinge voordragte, klasbesprekings en kritiese bespreking van boeke en artikels. In hierdie proses word formatiewe en summatiewe evaluering geintegreer.

2. Die leerder moet in staat wees om die volgende te doen:

2.1 Selfstandig met hulpmiddels ‘n perikoop met die oog op prediking eksegetiseer.

2.2 Die gevorderde feite in hierdie verband in ‘n mondelinge gesprek en/of ‘n geskrewe vraestel weergee.

2.3 In gesprekke en d.m.v. werkstukke en mondelinge voordragte blyke gee dat hy/sy oor die genoemde gevorderde vaardighede en bevoegdhede beskik.

2.4 Ingewikkelde gevallestudies ontleed, krities bespreek en oplossings bied.

2.5 Kreatiewe stappe neem om beperkte hulpbronne te ontgin.

2.6 In ‘n gemeente-situasie leiding aan verskillende groepe gee.

2.7 Programme vir selfbestuur en leiding aan ander in hiedie verband uitwerk en kontroleer.

2.8 Soos 2.1 en ‘n werkstuk oor ‘n teologiese/bedieningsonderwerp uitwerk.

2.9 ‘n Preek, ‘n katkisasieles, ‘n praatjie vir ‘n jeuggroep met oudiovisuele hulpmiddels uitwerk en aanbied.

2.10 Blyke gee daarvan dat hy/sy naas voorgeskrewe bronne, eie bronne vind en raadpleeg.

2.11 Gesprekke voer met andersdenkendes, waarin blyke gegee word van insig in eie standpunt en respek vir ander standpunte.

3. Die leerder moet:

3.1 Bewys lewer van ‘n program vir persoonlike geloofsgroei en leiding aan ander gee in persoonlike goedsdiensoefening.

3.2 Geldige oplossings vir nuwe probleme bied.

3.3 Bewys hiervan lewer in werksuitsette soos 3.3.

4. Die leerder moet bewys lewer van:

4.1 Konstruktiewe betrokkenheid by die gemeenskapslewe en ten minste een gemeenskapsprojek.

4.2 Konstruktiewe samewerking met lede van verskillende kultuurgroepe.

Geintegreerde assessering:

‘n Stelsel van deurlopende evaluering word konsekwent gehandhaaf, waarin gebruik gemaak van bv. die volgende asseseringsmetodes: self-evalueringsoefeninge, geskrewe en mondelinge toetse en eksamens, opstelle, werkstukke, mondelinge voordragte, klasbesprekings en kritiese bespreking van boeke en artikels. In hierdie proses word formatiewe en summatiewe evaluering geintegreer. Die finale assering word op een of meer van die volgende wyses gedoen: ‘n finale skriftelike eksamen (hetsy oop-boek, hetsy toe-boek), ‘n mondelinge eksamen, die afhandeling van ‘n projek. 

There are no items in the curriculum yet.

Instructor

User Avatar
Neftaly Vutisani Malatjie
55 Students
3624 Courses

Leave a Reply

course thumbnail
R2,850
Student:
0 Students
Duration:Lifetime
Lesson:
0 Lessons
Quiz:
0 Quizzes
Level:All levels