NeftalyApp COURSES Partner INVEST Corporate CHARITY DIVISIONS
[Contact Neftaly] [About Neftaly][Services] [Recruit] [Agri] [Apply] [Login] [Courses] [Corporate Training] [Study] [School] [Sell Courses] [Career Guidance] [Training Material] [ListBusiness/NPO/Govt] [Shop] [Volunteer] [Internships] [Jobs] [Tenders] [Funding] [Learnerships] [Bursary] [Freelancers] [Sell] [Camps] [Events&Catering] [Research] [Laboratory] [Sponsor] [Machines] [Partner] [Advertise] [Influencers] [Publish] [Write ] [Invest] [Franchise] [Staff] [CharityNPO] [Donate] [Give] [Clinic/Hospital] [Competitions] [Travel] [Idea/Support] [Events] [Classified] [Groups] [Pages]
Saamgevat ten opsigte van uitkomste bereik deur die proefskrif:
Leerders sal hul vermoe moet demonstreer om ‘n bepaalde bydrae te maak tot die ontwikkeling van nuwe kennis en vaardighede van die veld van spesialisasie deur:
die bewyslewering van beheersde kennis van die teorie en beginsels van die veld;
die integrering van teorie en praktyk in die veld;
kritiese analise van bestaande kennis in die veld;
die uitvoering van navorsing volgens die aanvaarde metodologie in die veld;
die ontleding en interpretasie van navorsingsdata en resultate;
die rapportering van hul navorsingsresultate in ‘n wetenskaplike aanvaarde format.
Die uitkomste soos beskryf by die magistergrade wat navorsing vereis word ook in hierdie program verder verdiep, verfyn en afgerond sodat oor grense van dissiplines deur inter-dissiplinere geletterdheid en gemeenskaplike fundamentele wetenskaplike kennis gewerk kan word.
Waar gepas moet rekenaarpakkette gebruik kan word vir berekening, modellering, simulasie en informasiehantering. Dit behels:
1. assessering van die toepaslikheid en beperkings van die pakket;
2. behoorlike toepassing en bedryf van die pakket;
3. kritiese toetsing en assessering van die resultate wat deur die pakket gelewer word.
Verder moet rekenaars, netwerke en inligtingstelsels gebruik kan word vir die assessering, prosessering, bestuur en berging van inligting ten einde persoonlike produktiwiteit en spanwerk te bevorder.
Die leerder moet bewus wees van die impak van sy of haar wetenskaplike aktiwiteite op die gemeenskap en omgewing;
Die leerder moet ook as individu en as deel van ‘n span binne ‘n multi-dissiplinere omgewing te kan werk en leiding gee.
Die leerder moet die belangrikheid daarvan besef om sy/haar bevoegdheid deurlopend te onderhou en op hoogte te bly met die nuutste ontwikkelings: dus die belang van lewenslange leer.
Geintegreerde assessering:
Geintegreerde assessering om te verseker dat die doel van die kwalifikasie bereik word bestaan uit formatiewe en summatiewe evaluering soos volg:
Individuele opdragte van die promotor, wat kreatiwiteit, kennis ontsluiting, navorsingsmetodes, rekenaar implementering verslag-lewering sal assesseer.
Individuele en groepsgesprekke met die promotor en ander navorsers, wat die kommunikasie vaardighede en logiese denke van die leerder sal assesseer.
‘n Proefskrif wat bewys dat die leerder ‘n besliste wetenskaplike bydrae tot die kennis en insig van ‘n navorsingsgebied en bewys van oorspronklikheid lewer. Die proefskrif word ge-evalueer deur interne en eksterne eksaminatore.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.