NeftalyApp COURSES Partner INVEST Corporate CHARITY DIVISIONS
[Contact Neftaly] [About Neftaly][Services] [Recruit] [Agri] [Apply] [Login] [Courses] [Corporate Training] [Study] [School] [Sell Courses] [Career Guidance] [Training Material] [ListBusiness/NPO/Govt] [Shop] [Volunteer] [Internships] [Jobs] [Tenders] [Funding] [Learnerships] [Bursary] [Freelancers] [Sell] [Camps] [Events&Catering] [Research] [Laboratory] [Sponsor] [Machines] [Partner] [Advertise] [Influencers] [Publish] [Write ] [Invest] [Franchise] [Staff] [CharityNPO] [Donate] [Give] [Clinic/Hospital] [Competitions] [Travel] [Idea/Support] [Events] [Classified] [Groups] [Pages]
Leerders sal hul vermoe moet demonstreer om die toepaslike musikale metodes te gebruik en toe te pas in die hantering van ‘n toepaslike musiekwetenskaplike/uitvoerende/komposisionele probleem in die veld van spesialisasie deur:
die bewyslewering van beheersde kennis van die teorie en beginsels van die veld;
die integrering van teorie en praktyk in die veld;
kritiese analise van bestaande kennis in die veld;
die uitvoering van navorsing volgens die aanvaarde metodologie in die veld;
die ontleding en interpretasie van navorsingsdata en resultate;
die rapportering van navorsingsresultate in ‘n wetenskaplik aanvaarde formaat.
Geintegreerde assessering:
Geintegreerde assessering om te verseker dat die doel van die kwalifikasie bereik word, sal kontinu geskied. Dit sal insluit:
die assessering van die vordering met die opstel van ‘n navorsingsvoorstel/ program/portefeulje onder leiding van die studieleier en toesig van die direkteur van die betrokke navorsingsfokusarea, vir goedkeuring deur die Fakulteitsraad;
deurlopende evaluering deur die studieleier van die kwaliteit van die navorsing/uitvoerings/komposisies;
kontinue evaluering deur die studieleier van die vordering met en die gehalte van die skryfwerk aan die verhandeling/voorbereiding van konsertprogramme/ skryf van komposisies;
finale eksaminering van die verhandeling/konsertuitvoerings/komposisies deur ‘n paneel van interne en eksterne eksaminering en verslagdoening deur die Fakulteitsraad.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.